Tuisblad        Behuising        Bestuur        Aankope en Verkope        Werknemers        Voerfabriek        Kontakbesonderhede

Aankope

Dit word deur die eienaar, Pieter Eksteen, self behartig.  Pieter koop weekliks tussen 200 en 300 kalwers.  Kalwers word aangekoop uit Wes-, Oos-, en Suid-Kaap asook uit NamibiŽ.  Frieskalwers  van 3 dae oud (40kg) word vanaf die grootste melkprodusente in Wes-Kaap aangekoop. Aankoopgewigte wissel van 100 tot 450 kilogram.  Braams voer dus feitlik enige gewig kalf, afhangende van die kwaliteit, kondisie en prys.

Veilingsaankope is slegs 20% van totale aankope.  Die meeste kalwers word dus direk van die produsent gekoop wat sodoende tot 6% komissie op sy verkope bespaar, terwyl die diere wat by ons aankom baie minder gestres is as wat hul vanaf die veilingskraal aangery word.


Verkope

Braams se grootste kliŽnte is Cartol Slagpale in Saldanha, Roelcor Vleis in Malmesbury en Ceres Slagpale in Ceres.  Karkasgewigte wissel van 100kg vir ďvealĒ en 180 tot 300kg vir voerkraalbeeste.

Tussen 200 en 300 word weekliks bemark.  Braams slag dus self geen beeste nie.