Behuising Bestuur Aankope en Verkope Werknemers Voerfabriek Kontakbesonderhede
Braams Voerkrale is in die Wes-Kaap, sowat 8km buite Durbanville op die Klipheuwelpad geleë. Dit is die grootste voerkraal in die Wes- en Suid-Kaap en lewer ‘n betekenisvolle bydrae tot die Wes-Kaapse ekonomie. (33º45'51"Suid; 18º43'18.5"Oos op jou GPS of Klik Hier(Klik dan op "open") as jy Google Earth het)
Braams is in 1949 deur Ben Braam gestig. Dit was die eerste voerkraal in RSA en is begin met die idee om beeste af te rond wat as gevolg van droogte in Namibië nie voldoende kondisie vir slag gehad het nie. Die plaas is jare daarna deur die köoperasie gekoop en is eers sedert 2001 weer onder private besit. Pieter Eksteen en sy span het met 400 melkkalwers begin en voer vandag ±4000 beeste, waarvan ongeveer 1000 friesbulkalwers is wat vir kalfsvleis grootgemaak word. Die eienaar het reeds sowat 20 jaar ondervinding in die voerkraalbedryf. Braams is ‘n lid van SAV (Suid- Afrikaanse Voerkraal Vereniging), wat sowat 400 000 beeste op voer verteenwoordig.